Month: November 2020

wagtend ...

Herfs is die jagseisoen hier in Michigan. Vir ’n paar weke word gelisensiëerde jagters toegelaat om in die woude die verskillende dieresoorte te jag. Sommige jagters bou selfs hoë houtstellasies waarop hulle kan sit en vir ure wag totdat ’n bokkie tevoorskyn kom en binne trefafstand is. Wanneer ek dink aan daardie jagters wat vir ure so geduldig kan sit…

wat ’n Besondere woonbuurt

Die omgewing waarin ’n mens woon, plaas sekere verpligtinge op jou oor hoe jy moet lewe. In ons buurt word die vullishouers op Dinsdae verwyder en daarom is dit my verantwoordelikheid om te sorg dat die houer die aand vantevore reeds uitgesit is. Deur toe te laat dat vullis in die strate ophoop, sal die bure ontstel en die verhouding…

ploeg reguit Lyne

Dit was my eerste dag op die trekker. ’n Ligte windjie het oor die land gewaai. Die geluid van die enjin het alle ander geluide verdoof. Ek het die ploeg in die grond laat sak en die trekker in beweging gebring. Ek het na al die ratte gekyk en die koue staal van die stuurwiel gevoel. Dit was lekker om…

magtige waters

Toe ek in Brasilië was, het ek die Iguazu watervalle, die grootste in die wêreld, besoek. Die massiewe valle is voorwaar asemrowend, maar wat my die meeste van die valle beïndruk het, was die klank, die overdowende geruis van die massas water. Dit het byna vir my gevoel asof ek in die geruis opgeneem is en deel daarvan geword het.…

Vrede tydens ’n krisis

Ted, een van die ouderlinge in ons gemeente, was voorheen ’n offisier in die polisie. Eendag is hy uitgeroep na ’n geweldadige aanranding en toe hy daar kom, het die situasie lewensgevaarlik geword. ’n Man het iemand met ’n mes gesteek en toe het hy Ted aangeval. ’n Ander offisier het daar aangekom,’n skoot afgevuur. Ongelukkig het hy die krimineel…

Lammertjies mag Deurwaad

Die skrywer C. S. Lewis sê dat geestelike konsepte soos sop is – party is dik en ander helder. En daar is voorwaar “dik” waarhede in die Bybel – geheimenisse en konsepte wat moeilik is om te verstaan, selfs vir die intelligenste persoon. Kyk byvoorbeeld na hierdie waarheid: “God ... ontferm ... [Hom] oor wie Hy wil, en Hy verhard…

Op soek na water

Die VSA het al miljoene dollar spandeer in die soeke na water op Mars. ’n Paar jaar gelede het NASA twee robotte, Opportunity en Spirit na die rooi planeet gestuur om te sien of daar water is, en of daar miskien eens op ’n tyd wel water was. Waarom het die VSA dit gedoen? Die wetenskaplikes wat die data wat…

’n wag Voor Die mond

Ek het saam met my vriendin Yuliya en haar dogter, Anastasia, in ’n duikweg in Minks, Belarus gestap toe ek skielik, gesig eerste op die vuil, stowwerige vloer neergeslaan het. Ek kan glad nie onthou hoe ek geval het nie, maar ek onthou wel dat my mond skielik vol grond en gruis was. Sies! Ek kon nie gou genoeg opstaan…

Om skoon te bly

Gedurende ’n besigheidsreis na Filadelfia, het ek elke oggend met Broadstraat in die rigting van die stadsaal gestap om die moltrein te haal. Elke keer het ek by ’n lang ry mense verbygestap wat blykbaar vir iets gewag het. Hulle was van alle ouderdomme, uit verskillende volke en met wisselende voorkoms. Nadat ek vir drie dae oor hierdie saak gewonder…